Die bed slaap heerlik en met lugversorger en waaier kan jy besluit wat werk vir jou. Veilige parkering en 'n swembad. Baie skoon en netjies en baie aandag aan detail.
'n Wit Kaap-Hollandse gewelhuis, vyf stylvolle kamers met elk 'n eie ingang, en 'n swembad in 'n tuin waar jy sommer vergeet jy is in die stad.
LaBelle staan in Eddie de Beerstraat in Dan Pienaar, naby winkels, restaurante en skole, en tog heerlik stil.
Die huis is in Kaap-Hollandse styl gebou: spierwit gewels, blou luike en 'n stoep met swart-en-wit teëls. Binne wag sagte wit linne, kandelare en 'n smaakvolle mengsel van klassiek en modern.
Agter die huis lê 'n groen tuin met 'n swembad, sonstoele en skaduryke bome. Gaste wat ná 'n lang pad hier aankom, sê dit is presies wat 'n mens nodig het om behoorlik uit te rus.


Koninginbeddens of enkelbeddens, 'n eie badkamer, lugversorging en 'n waaier, en alles wat jy vir 'n vinnige ete in die kamer nodig het.




Stuur 'n WhatsApp vir beskikbaarheid en pryse.
"Die tuin is so pragtig en na 'n lang reis is dit net wat mens nodig het om goed uit te rus."Daleen · LekkeSlaap-resensie









Die bed slaap heerlik en met lugversorger en waaier kan jy besluit wat werk vir jou. Veilige parkering en 'n swembad. Baie skoon en netjies en baie aandag aan detail.
Ons het baie lekker gebly in La Belle gastehuis. Die eenheid was pragtig en ons was vriendelik ontvang.
Really lovely decor. Gorgeous white linen and loved the Nespresso machine. Serene and comfy and wonderfully situated.
Baie mooi, sal beslis weer daar gaan bly. Vriendelik, baie goeie kliëntediens, netjies en goed geleë.
In 'n rustige straat in Dan Pienaar, Bloemfontein, met winkels en restaurante om die draai.